Patients

Procedures

«Back

Inligting vir pasënte wat ‘n endoskopiese retrograde cholangio pankreatikogram (ERCP) ondergaan


English  |  Afrikaans  |  Xhosa 
U geneesheer het aanbeveel dat u 'n endoskopiese ondersoek van die esofagus, maag en duodenum moet ondergaan sodat siekte-toestande identifiseer kan word. Dit kan die geneesheer help om u simptome na te gaan en te behandel.

Voorbereiding vir die ondersoek behels bloot dat u ‘n leë maag moet hê. Dit beteken dat u geen vloeistof of voedsel of enige iets mondelings mag inneem vir etlike ure voor die ondersoek nie, (gewoonlik oornag).Vaste voedsel moet definitief vermy word vir 6 ure voor die prosedure en vloeistowwe vir 4 ure voor die prosedure.

Omrede baie pasiënte angstig of senuweeagtig is oor die ondersoek, word bewuste verdowing dikwels toegedien (sien “Bewuste verdowing - wat u behoort te ken”).Gewoonlik word 'n klein dosis Dormicum of soortgelyke verdowingsmiddels binne-aars toegedien. Indien u enige newe-effekte getoon het tot enige geneesmiddel, behoort u die geneesheer daarvan te vertel voor medikasie toegedien word. 'n Lokale verdowing word in die keel gespuit om die ongemak van die ondersoek te verminder en passering van die instrument te vergemaklik.

Die ondersoek word uitgevoer met die pasiënt in die liggende posisie op die L sy, op 'n gemaklike ondersoekbed in 'n kamer wat gedeeltelik donker gemaak is. 'n Lang buigbare instrument word in die mond geplaas en met 'n slukbeweging word die instrument in die esofagus af beweeg. 'n Mondskerm word gebruik sodat die pasiënt liggies daarop kan vasbyt en om die instrument te beskerm. Tydens die ondersoek word lug in die esofagus en maag ingeblaas om te kan sien en vloeistof of afskeidings word uitgesuig.Terwyl die instrument deur die maag en in die dunderm passeer word,is daar dikwels 'n trekkende sensasie wat ongemaklik mag voel wat weer bedaar wanneer die instrument teruggetrek word in die maag. Dit mag nodig wees om klein monsters van oppervlakkige slymvlies-weefsel te kry dmv 'n biopsie tang wat deur die Patoloë onder 'n mikroskoop ondersoek word. Die neem van biopsies word nie deur die pasiënt gevoel of waargeneem nie.

Daar is enkele risiko's verbonde aan die prosedure: 

  1. Af en toe het die pasiënt 'n minimale ontstekingsreaksie teen die inspuiting, op die plek van inspuiting wat binne 'n paar dae opklaar.

  2. Sommige pasiënte het ongemak in hulle keel na die prosedure, wat ook binne een tot twee dae opklaar. Sou u 'n persisterende keelseer, koors of swelling in die keel ontwikkel, kontak gerus u geneesheer.

  3. Daar is 'n baie klein kans van beskadiging van jou slukderm of maag tydens die prosedure.

  4. Inaseming van vloeistof wat opgebraak word.

  5. Bloeding na biopsies geneem word is baie skaars. 


Na die ondersoek voltooi is, word die instrument dan verwyder en u sal in 'n nabye kamer moet rus totdat die effekte van die verdowingsmiddel uitgewerk het vir 'n uur of meer. Hierna mag u u normale aktiwiteite hervat. 

Indien u enige navrae het, bespreek dit gerus met u geneesheer.
 

Vir print bare weergawe in Afrikaans druk hier